Laerskool Boerefort
© Laerskool Boerefort

Skool Inligting

NAVRAE:

Graad R & RR rekeninge: Me Linda Minnaar - boeries.rek@mweb.co.za Graad 1-7 skoolgeld: Me Wendy Strydom - boeries.fin@mweb.co.za Algemeen: Me Sunet van der Merwe / Me Charlene Strydom boeries.ontv@mweb.co.za / boeries.adm@mweb.co.za

SKOOLGELD 2024:

Die Algemene jaarvergadering het plaasgevind op 6 November 2023 en die skoolgelde vir 2024 is as volg goedgekeur:

GRAAD RR TOT 7 SKOOLFONDS:

Slegs Graad RR en R betaal R300 registrasiegeld eenmalig elke jaar met inskrywing. R14 040.00 per jaar (R1 170.00 x 12 paaiemente) NB!!! - Skoolgelde is vooruit betaalbaar oor 12 maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember 2024. Skoolgelde word gehef ongeag die skoolvakansies - u moet steeds dié maande betaal.

AFSLAG SKOOLFONDS:

Indien skoolgelde maandeliks, vooruit, op datum betaal is en die uitstaande balans vir die jaar teen 30 April 2024, is u geregtig op afslag gelykstaande aan een maand se skoolgelde.

NASORGSENTRUM:

Registrasiefooi van R150.00 met inskrywing. R10 200.00 per jaar (R850.00 x 12 maande) NB! – Nasorgsentrumgelde is vooruitbetaalbaar op die 1ste van elke maand. Alle gelde is streng vooruit betaalbaar oor 12 maande vanaf 1 Januarie tot en met 1 Desember Indien die gelde nie vereffen is nie sal u kind onmiddelik die naskool moet verlaat totdat die volle rekening vereffen is. Gelde sluit in ligte middagete en vakansiesorg. Januarie is R1 000.00 betaalbaar in die skool se rekening

DEBIETORDER

Magtiging vir ‘n Debietorder word elke jaar voltooi vir die betrokke jaar!!! Geen gelde per debietorder sal afgaan indien ‘n oorspronklike getekende magtigingsvorm nie by die finansiële kantoor ingehandig word nie! Ouers wat van hierdie diens gebruik wil maak word versoek om die MAGTIGING VIR DEBIETORDER te voltooi en terug te stuur na Mev Wendy Strydom toe. Vra gerus vir hierdie vorm aan by die finansiële kantoor. Indien u die eerste paaiement aan die begin van Januarie wil laat afgaan per debietorder, moet hierdie magtigings-vorm reeds ingehandig word voor of op 8 Desember 2023.

LEERDERS WAT SKOOL VERLAAT

Graad RR & R:

Een maand skriftelike kennis moet gegee word indien ‘n Graad RR / R leerder Besige Boeries verlaat en reëling moet getref word by Me Linda Minnaar (boeries.rek@mweb.co.za) vir agterstallige skoolgelde.

Graad 1-7:

Oorplasingskaart moet skriftelik aangevra word by die administratiewe kantoor. Oorplasingskaart sal nie oorhandig word indien handboeke (Graad 4-7) nie ingehandig is en alvorens reëling getref is by Me Wendy Strydom (boeries.fin@mweb.co.za) vir agterstallige skoolgelde nie.

SKOOLWAPEN,

SIMBOLIEK EN LEUSE

Die skool se leuse “Waak en Werk” illustreer waarom ons primêr by die skool is. Die simboliek van die skoolwapen is: Jakarandablom: Dat ons in Pretoria is en dat daar groei is by die kind. Goue Son: Die goue son wat opkom stel ontwikkeling van die kind voor. Daar is ‘n toekoms in ontwikkeling. Stene: Stel die fort voor. Dit sluit by die leuse aan dat ons moet waak teen die lelike en biddend moet werk aan die goeie wat ons wil ontwikkel.

SKOOLURE 2024

Die skool begin soggens om 07:20 en sluit om: Graad RR en R verdaag daagliks om 13:15 Graad 1 en 2 verdaag Maandae tot Vrydae om 13:15 Graad 3 Maandae tot Donderdae 13:30 en Vrydae 13:15 Graad 4 tot 7 verdaag Maandae tot Vrydae om 13:30 Op die sluitingsdag aan die einde van elke Kwartaal, sluit die skool om 11:00.

Nasorgsentrum- en

Vakansiesorg

Ons skool beskik oor ‘n puik nasorgsentrum. Bestuurderes: Adri Snyman 0716293388 / boeries.naskool@gmail.com Vakansiesorg word aangebied vir ingeskrewe Nasorgsentrum leerders (gratis indien op datum betaal) asook nie-ingeskrewe leerders teen R60 per dag